36-jarige Paul du Toit, 'n geheime agent in die Weermag tydens die laaste jare van wit oorheerste Suid Afrika, glo hy het sy gewelddadige lewe agtergelaat. Totdat omstandighede hom dwing om voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie aansoek te doen vir amnestie oor die dood van twee antiapartheidsaktiviste. Hy verloor beide sy werk en sy vrou. Hartgebroke en met swak vooruitsigte op werk, weet Paul hy het 'n uitgeworpene geword. Toe hy uitvind Louise het na Londen gegaan, volg hy haar soontoe om haar te probeer ompraat om ...
Read More
36-jarige Paul du Toit, 'n geheime agent in die Weermag tydens die laaste jare van wit oorheerste Suid Afrika, glo hy het sy gewelddadige lewe agtergelaat. Totdat omstandighede hom dwing om voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie aansoek te doen vir amnestie oor die dood van twee antiapartheidsaktiviste. Hy verloor beide sy werk en sy vrou. Hartgebroke en met swak vooruitsigte op werk, weet Paul hy het 'n uitgeworpene geword. Toe hy uitvind Louise het na Londen gegaan, volg hy haar soontoe om haar te probeer ompraat om terug te kom. Dit laat hom nadink oor sy verlede en sy skuld. Swerwend deur 'n ongenaakbare stad, dink Paul na oor sy verlede en sy skuld - iets wat hy sedert die dood van die aktiviste vermy het. Die waarheid is egter ewe ontwykend as Louise, sy vrou, en dit word vir hom 'n pynlike reis in homself. Hy raak betrokke by 'n gewelddadige konflik met twee Londense kriminele. Weer eens staan hy voor 'n morele toets - 'n toets waarin hy al voorheen gefaal het. Wanneer hy na Suid-Afrika terugkeer, besoek hy die familie van die gestorwe aktiviste om sy skuld te bely. Hy vind ook uit dat selfs hy nie die volle waarheid ken van wat gebeur het nie. Nou moet hy besluit of sy toekoms in Suid-Afrika le of in die Verenigde Koninkryk, by Louise of by Monica, 'n Tsjeggiese meisie by wie hy romanties betrokke geraak het.
Read Less
Add this copy of Nasleep to cart. $49.00, good condition, Sold by Chapter 1 Books rated 5.0 out of 5 stars, ships from Johannesburg, SOUTH AFRICA, published 2007 by Umuzi.
Choose your shipping method in Checkout. Costs may vary based on destination.
Seller's Description:
Good. Afrikaans text. ex-library copy with stamps, stickers and inscriptions. wraps are shelf rubbed. light marks. some tape residue. well bound. fairly good copy. [S. K]