Marinda van Zyl
Marinda van Zyl het meestersgrade in geskiedenis en biblioteekkunde behaal, en vir haar PhD navorsing gedoen oor swart verstedeliking. Na vyf jaar in die onderwys, word Marinda Senior Skoolbiblioteekbeampte by die Bloemfonteinse Onderwyserskollege waar sy verantwoordelik was vir die opleiding van onderwyserbibliotekarisse, die opbou van 'n modelskoolbiblioteek en boekkeuring vir die Provinsiale Bilblioteekdiens. Hierna doseer sy geskiedenis aan die Sebokengkampus van Vista Universiteit tot met...See more
Marinda van Zyl het meestersgrade in geskiedenis en biblioteekkunde behaal, en vir haar PhD navorsing gedoen oor swart verstedeliking. Na vyf jaar in die onderwys, word Marinda Senior Skoolbiblioteekbeampte by die Bloemfonteinse Onderwyserskollege waar sy verantwoordelik was vir die opleiding van onderwyserbibliotekarisse, die opbou van 'n modelskoolbiblioteek en boekkeuring vir die Provinsiale Bilblioteekdiens. Hierna doseer sy geskiedenis aan die Sebokengkampus van Vista Universiteit tot met haar aftrede. Haar novelle "Die reendagbesluit" is in Bittersoet sewe (Tafelberg, 1991) opgeneem. Wilhelmina Radebe kom tuis is haar debuutroman. Marinda en haar man, Jan, woon op Langebaan aan die Weskus. See less
Marinda van Zyl's Featured Books