Skip to main content alibris logo

Johann Rossouw

Johann Rossouw het grootgeword in Verwoerdburg (nou Centurion). Hy studeer filosofie in Suid-Afrika, Frankryk en Australië. Sy debuutroman, 'n Rooi Z4 en 'n Renaissance-kasteel, is in 2007 uitgereik. Hy is ook die skrywer van die Beeld-rubriek Glasoog, en sy artikels verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse koerante en tydskrifte. Hy doseer filosofie en woon saam met sy gesin in Bloemfontein.