EKM Dido
EKM Dido is die derde oudste van twaalf kinders. Sy is 'n boorling van Tsomo in die toenmalige Transkei. Om onderwyser te word, was haar droom, maar daar was nie geld vir matriek nie. Verpleging het wel 'n kans vir verdere opleiding gebied, en sy is Kimberley toe waar sy 'n diploma in algemene verpleegkunde behaal het. Daarvandaan na Kaapstad vir diplomas in verloskunde en psigiatriese verpleeg-kunde, en toe eers kon sy haar jare lange wens bewaarheid deur matriek oor die pos te verwerf. Dit...See more
EKM Dido is die derde oudste van twaalf kinders. Sy is 'n boorling van Tsomo in die toenmalige Transkei. Om onderwyser te word, was haar droom, maar daar was nie geld vir matriek nie. Verpleging het wel 'n kans vir verdere opleiding gebied, en sy is Kimberley toe waar sy 'n diploma in algemene verpleegkunde behaal het. Daarvandaan na Kaapstad vir diplomas in verloskunde en psigiatriese verpleeg-kunde, en toe eers kon sy haar jare lange wens bewaarheid deur matriek oor die pos te verwerf. Dit het sy opgevolg met deeltydse studie aan Unisa wat haar die graad BA(Cur) in verpleeg--administrasie, verpleegonderrig en gemeenskaps-verpleging besorg het. Vandag is sy lektor in verpleegkunde aan die Netcare Training Academy in Belville. Sy is 'n direkteur van die Suidoosterfees in Kaapstad en ook 'n direkteur van Woordkuns by die KKNK. See less
EKM Dido's Featured Books