'n Warrelwind het die engel gebring. Daar is ander wat reken dat sy in 'n geel Austintjie oor die werf op De Bron aangery gekom het. Wie sal weet wat die waarheid is? Engele kom lankal nie meer op vlerke aangevlieg nie. Hulle kom in allerlei gedaantes. Een ding is seker. Hulle koms bring altyd 'n beroering, en die rimpeling word lank daarna nog gevoel. De Bron is 'n plaas met 'n warmwaterbron wat reeds geslagte lank aan die Walters-familie behoort. Die jigbad het verval en "die kuur van die waters" word nie meer dikwels ...
Read More
'n Warrelwind het die engel gebring. Daar is ander wat reken dat sy in 'n geel Austintjie oor die werf op De Bron aangery gekom het. Wie sal weet wat die waarheid is? Engele kom lankal nie meer op vlerke aangevlieg nie. Hulle kom in allerlei gedaantes. Een ding is seker. Hulle koms bring altyd 'n beroering, en die rimpeling word lank daarna nog gevoel. De Bron is 'n plaas met 'n warmwaterbron wat reeds geslagte lank aan die Walters-familie behoort. Die jigbad het verval en "die kuur van die waters" word nie meer dikwels opgesoek nie - kortom, die plaas is op die punt van bankrotskap. Tot die dag dat 'n gas, Liena Oosthuizen, 'n engel gewaar en verklaar dat haar pynlike kniee nou gesond is. Die plaaseienaar se vrou, Magda, ken 'n geldmaakgeleentheid as sy een sien en spoedig stroom gaste na die plaas om genees te raak. De Bron word 'n plek waar verrassings die norm word.
Read Less